Monday 30 July 2012

Grahamstown

 Ons kuier heerlik in Grahamstad.  Gister het ons die dorp gaan verken.  Dit is ‘n studente dorp (Rhodes universiteit).   Ons het ‘n paar museums en pragtige kerk besoek.  Die weer was lekker tot die aand toe dit begin reen...  Toe kyk ons maar ‘n movie in die tent (dankie Lansie!)









Vanoggend is ons so 9h30 uit Jeffreysbaai.  Ons het deur PE gery en by Boesmansriviermond gestop om daar te oornag.  Ongelukkig is hulle campsites toe tot September.  Daarna is ons na Port Alfred vir ‘n campsite.  Daar was twee karavaanparke – die een te duur en die ander effense vuil badkamers (bietjie grillerig).  Ons besluit toe om deur te ry na Grahamstown, want dit was maar 14h00.  Oppad het ons gestop by Bathurst, waar hulle pynappels groei.  Vir die eerste keer gesien hoe lyk ‘n pynappelplant!  
Die munisipale karavaanpark by Grahamstown is lekker.  Elke staanplek het sy eie geboutjie met stort, toilet en wasbak so ons kan bietjie afpak.  Dit voel soos ‘n hotel!  Ons wil more bietjie in die dorp gaan loop – mooi ou geboue – veral kerke en museums.  Dan dink ons daaraan om nog ‘n nag of twee hier te bly.  Miskien maak ons ‘n dagbesoek aan Hogsback van hier af en hoef dan nie op te pak en slaapplek daar te soek nie.  Die temperature daar daal tot 1 grade Celsius in die nag...  Sal julle op hoogte hou.







Saturday 28 July 2012

Jeffreys Bay

Woensdag die 25ste besluit ons dis te koud onder die bome en dis tyd om te skuif. Na die groot op pak slaan ons die Hilux se neus in die rigting van J-Bay. Ongelukkig is die Bloukrans pas gesluit en ons vat maar die N2. Ons stop by een van die groot REUSE  - 'n Outeniqua geelhout.
Miekie gee die ou REUS 'n drukkie.
Ongelukkig het sy ouer boet 'n paar jaar gelede gesneuwel.
Met die terugloop hoor ons 'n geskarrel in die bome. Kan jy nou glo: 3 Knysna Loeries is besig om te speel. Die kamera was klaar in sy sak en ek kon net die een swak foto kry.

Ons het in J-Bay aangekom en weer kamp opgeslaan. Lekker by die SEE.


'n Mooi sonsondergang bo ons kampie.
Die volgende dag het ons die Krugers gaan groet. Dit gaan baie goed met hulle.
Die aand het dit onplesierig geraak. Die wind het opgesteek en toe begin dit reen. My aankopie voor die rit van 'n nuwe tweede handse tent het toe nie lekker gewerk nie. Die %$#@! het gelek. Ons het maar 'n koue nag gehad en die volgende oggend 'n ander tent gekry. Selfs die tjokka bote moes kom skuiling soek



More behoort 'n lekker dag te wees dan sal ons nog 'n paar fotos opsit.
Nou moet die Stormers net hulle ding doen vandag



'n Wonderlike dag saam met die Krugers



Tuesday 24 July 2012

Random

So 'n paar random fotos
Die groot kobaai

Hummer.Bob se nuwe broer




Keurbooms

Hi Daar aan almal.Ons is nog steeds op Keurbooms en geniet dit baie. Het gister 'n bietjie gaan stap.Hier is so 'n paar fotos.