Saturday 25 August 2012

Drakensberg



Ons het gaan kyk hoe lyk Cathedral Peak in die Drakensberge.
 


Daarna ry ons na Dundee waar ons kamp by Kwa-rie karavaanpark.


Jors maak 'n lekker potjie.


Die volgende oggend besoek ons die Slag van Bloedrivier.  64 lewensgrootte yster ossewaens in 'n laer getrek!


 Van Bloedrivier ry ons deur na Richardsbaai waar ons 'n nag slaap en daarna na St Lucia.

Friday 24 August 2012

Lesotho


 Jors en die bakkie in die Sani pas.  Amper bo!



Jors drink 'n Maluti bier by die Sani Top Chalets.





Die Sani pas van bo. 



Die Sani pas was vir 'n paar dae gesluit agv sneeu.  Die pas het die dag oopgemaak voor ons gery het.  Kyk hoe dik le die sneeu!  Die volgende foto's het ons op die berg geneem:










Ons het die eerste aand in Molumong Lodge gebly - 'n huis wat deur die gemeenskap bestuur word.  Die huis het nie krag nie en die voordeur kon nie sluit nie, maar ons is verseker dat dit veilig is - daar is 'n nagwag.  Jors het maar 'n bankie voor die deur getrek. 



 Die nagwag maak die volgende oggend vir ons musiek terwyl ons koffie drink.



Die koninkryk van Lesotho is bergagtig.  Huise en landerye is teen die hellings.  Dit is ongelooflik om te sien hoe hierdie mense leef en werk.





 Ons Lesotho sneeuman.




 Die sneeu is nog diep op plekke!




Die Basoetu mans gebruik ponies as vervoermiddel.  Hulle dra komberse wat deur die vroue geweef word.  Die Basoetus is hardwerkende mense.


Die tweede aand in Lesotho slaap ons by die Katse Dam Lodge, want dis nog te koud in die nag om te kamp.  Die volgende oggend gaan ons op 'n toer van die Katse dam.  Ons gaan binne-in die damwal!






Die Katse damwal - 185 meter hoog.  Ons was nie toegelaat om foto's binne te neem nie.




Lesotho is awesome!


Vanaf Lesotho ry ons deur Clarens en Golden Gate met sy pragtige rotsformasies.  Verby 
die Sterkfonteindam na die Drakensville ATKV oord voor Bergville waar ons een aand slaap.


Port Edward

Hier is ‘n paar foto’s van die T/O Strandoord in Port Edward:






Ons het uitgery na Port Shepstone.  Langs die pad is baie suikerrietplantasies en ook piesangbome.  By Margate kry ons hierdie klomp vissermanne:


Ons het hulle vir ‘n hele ruk dopgehou.  Die ouens het ‘n paar visse uitgetrek.
 

Na ‘n week in Port Edward is ons deur na Howick waar ons na die valle gaan kyk het.  



Ons slaap vir een nag by Midmar dam (so 5 km van Howick) voor ons vertrek na Lesotho.


Sunday 12 August 2012

Transkei

Op Maandag, 6 Augustus verlaat ons Morgan Bay en gaan met die pont oor die Keirivier by Keimond.  Ons wou oorslaap in Mazeppabaai maar vind toe uit dat daar nie kampplekke is nie, slegs ‘n hotel.  Ons besluit toe op Dweza Natuurreservaat, ‘n entjie aan.  Die Transkei bestaan uit heuwels, gespikkel met rondawels oral.  Ons moet uitkyk vir beeste, bokke, skape en varke.
Dweza Natuurreservaat is pragtig.  Hier is geen krag nie, maar darem ‘n gas geyser vir warm water.  Die weer is nie so wonderlik nie –sterk wind en effense reen.  Teen die aand kom wei ‘n bokkie naby ons tent en daar is apies in die bome wat mik om ons kos te vat.  Die volgende oggend ry ons na ‘n pragtige riviermonding.  Teen laatmiddag begin dit erg reen.  Ons slaap twee aande daar.
 







 
Woensdag is ons na Koffiebaai en Hole-in-the-wall.   Wanneer ons deur die villages ry kom kindertjies uitgehardloop en skreeu: “sweets!”  Koffiebaai is klein – ‘n baai met ‘n paar backpackers en klein gastehuise.  Ons ry na Hole-in-the-wall en omdat die wind verskriklik sterk waai, bly ons in ‘n backpacker rondawel by die vakansieoord.  Die rondawel het ‘n stort en dubbelbed.  Geen kombuis of ketel nie, maar ons dra die gasstofie in.   Die oggend toe ons wakker word is dit windstil en kon ons die dreuning van die “hole” hoor.  







Donderdag is Vrouedag.  Ons ry na Port St John – ‘n klein dorpie in ‘n pragtige omgewing (met ‘n Superspar).  Ons koop groceries en eet middagete langs die pad.  Daarna na Mbotyi Bay Camp Site via Lusikisiki.  Die weer is goed en Jors kan vir ‘n slag weer braai!  Ons het weer internet ontvangs en sien nou eers hoe koud dit reg oor die land was met sneeu in Gauteng!




Vrydag besoek ons die Magwa waterval naby Mbotyi Bay en ry deur groot teeplantasies.  Daarna val ons in die pad na Port Edward, ongeveer 180km verder.  Dit is die eerste dorpie oor die Kwazulu Natal grens.  Ons bly in die TO Strandoord (Teachers/Onderwysers), ‘n 4 ster vakansieoord, op aanbeveling van ‘n man wat ons in Jeffreysbaai daarvan vertel het.  Hier besluit ons om ‘n week te bly sodat ons lekker kan afpak en die roete verder beplan.