Miekie gee die ou REUS 'n drukkie.
Ongelukkig het sy ouer boet 'n paar jaar gelede gesneuwel.
Met die terugloop hoor ons 'n geskarrel in die bome. Kan jy nou glo: 3 Knysna Loeries is besig om te speel. Die kamera was klaar in sy sak en ek kon net die een swak foto kry.
Ons het in J-Bay aangekom en weer kamp opgeslaan. Lekker by die SEE.
'n Mooi sonsondergang bo ons kampie.
Die volgende dag het ons die Krugers gaan groet. Dit gaan baie goed met hulle.
Die aand het dit onplesierig geraak. Die wind het opgesteek en toe begin dit reen. My aankopie voor die rit van 'n nuwe tweede handse tent het toe nie lekker gewerk nie. Die %$#@! het gelek. Ons het maar 'n koue nag gehad en die volgende oggend 'n ander tent gekry. Selfs die tjokka bote moes kom skuiling soek
More behoort 'n lekker dag te wees dan sal ons nog 'n paar fotos opsit.
Love julle fotos! Johan en Heidi lyk goed en julle lyk so relaxed...Lekker man!
ReplyDeleteJa ons is relax.Mis jou
ReplyDelete