Wednesday 2 January 2013

Lake Victoria

Lake Victoria, 5 – 10 Desember

Na die besige dae in die Serengeti vertrek ons na Lake Victoria, die tweede grootste varswater meer in die wereld.  Ons ry deur groen landskap tot by Mwanza, ‘n  stad teen die meer.  Die stad is pragtig met heuwels en groot rotse oraloor.
Ons bly vir twee aande in die Mwanza Yacht Club wat kampplek op die meer het.  Dis die begin van die reenseisoen in Mwanza en ons twee Kapenaars moet vinnig gewoond raak aan die donderstorms en stortreen! 
Die Yacht Club het ‘n funksie oor die naweek en ons kan nie daar bly nie.  Ons is nog nie lus vir verder ry nie, en lees van ander blyplek so 9km uit Mwanza, ook teen die meer. 
Tunza Lodge is ‘n pragtige plek met ‘n lieflike tuin, strand en mooi chalets.  Ons kry ‘n kampplek op die gras voor die strand.  Suid-Afrikaners besit en bestuur die lodge – ‘n broer en suster (Jan en Hanlie).  Ons kry nie tyd om aan die blog te werk nie, want ons kuier te lekker in Afrikaans!  Jan en Hanlie help ons baie met goeie raad oor waar om te koop en ook met die roete verder.
Jan se seun, Henko, neem ons uit op hul boot om nile perch te vang.  Ons kry niks, nie eens byte nie, maar geniet die trippie.  Deur Jan en Hanlie ontmoet ons oor die naweek ook ander Suid-Afrikaners wat in die omgewing woon en werk.

Mwanza Yacht Club



Woongebied in Mwanza


Visserman op Lake Victoria

Sonsondergang - Mwanza Yacht Club
Tunza Lodge






No comments:

Post a Comment