Wednesday 2 January 2013

Weste van Tanzania

11 – 13 Desember 

Die Tanzania visum is geldig vir ‘n maand, so ons het nog net ‘n paar dae oor in die land.  Ons is oppad na Malawi en Jan beveel aan dat ons teen die westekant van Tanzania afgaan.  Alhoewel die pad baie sleg was op plekke, is ons bly dat ons die roete geneem het, want die omgewing is baie anders as die res van Tanzania. 
Op 11 Desember ry ons van Tunza Lodge na Kigongo en met ‘n ferry oor Lake Victoria na Busisi.    Die plantegroei verander en word meer woudagtig.    Ons besluit om oor te slaap in Kibondo, ‘n dorpie naby die grens van Burundi.  Jors het vir die bestuurder gevra of daar dalk hoender is vir aandete.  Die bestuurder se Engels was nie baie goed nie en ons besluit om eerder ‘n blikkie kerrie groente oop te maak met rys.  Teen skemer hoor ons ‘n aardige geluid naby die kamervenster.  ‘n Hoender word geslag...  Raai wat kry ons vir ontbyt die volgende oggend:  dun hoendersop en ‘n taai stukkie hoender (sonder sout of spices) met ‘n chapatti broodjie en gekookte groen piesang!  Nie maklik om af te sluk op ‘n nugter maag nie!  
Na ontbyt is ons oppad na Jakobsen Bay in Kigoma.  Ons sien ‘n hele paar refugee kampe.  Miskien nie meer in gebruik nie, maar die UN en Rooi Kruis was groot hier.   Jakobsen Bay le teenaan Lake Tanganiyaki en is iets besonders.  Aan die oorkant van die meer is die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Die volgende dag is ons oppad na Sumbawanga, 530km verder.  Die grondpad is baie sleg en dit reen erg.  Ons ry deur ‘n hele klomp modderpoele.  Elf ure later kom ons by Sumbawanga.  Die bakkie is lekker vuil.  Ons slaap oor in ‘n Moravian Church Centre – die beste motel nog – niks fancy nie, maar ruim dubbelkamers met ‘n Westerse badkamer en warm water. 
Die volgende dag is ons oppad na Malawi oor die Tunduma grenspos.   

On the road...




Kibondo


Jakobsen Bay, Kigoma









Moravian Church Centre, Sumbawanga


No comments:

Post a Comment