Friday 24 August 2012

Lesotho


 Jors en die bakkie in die Sani pas.  Amper bo!



Jors drink 'n Maluti bier by die Sani Top Chalets.





Die Sani pas van bo. 



Die Sani pas was vir 'n paar dae gesluit agv sneeu.  Die pas het die dag oopgemaak voor ons gery het.  Kyk hoe dik le die sneeu!  Die volgende foto's het ons op die berg geneem:










Ons het die eerste aand in Molumong Lodge gebly - 'n huis wat deur die gemeenskap bestuur word.  Die huis het nie krag nie en die voordeur kon nie sluit nie, maar ons is verseker dat dit veilig is - daar is 'n nagwag.  Jors het maar 'n bankie voor die deur getrek. 



 Die nagwag maak die volgende oggend vir ons musiek terwyl ons koffie drink.



Die koninkryk van Lesotho is bergagtig.  Huise en landerye is teen die hellings.  Dit is ongelooflik om te sien hoe hierdie mense leef en werk.





 Ons Lesotho sneeuman.




 Die sneeu is nog diep op plekke!




Die Basoetu mans gebruik ponies as vervoermiddel.  Hulle dra komberse wat deur die vroue geweef word.  Die Basoetus is hardwerkende mense.


Die tweede aand in Lesotho slaap ons by die Katse Dam Lodge, want dis nog te koud in die nag om te kamp.  Die volgende oggend gaan ons op 'n toer van die Katse dam.  Ons gaan binne-in die damwal!






Die Katse damwal - 185 meter hoog.  Ons was nie toegelaat om foto's binne te neem nie.




Lesotho is awesome!


Vanaf Lesotho ry ons deur Clarens en Golden Gate met sy pragtige rotsformasies.  Verby 
die Sterkfonteindam na die Drakensville ATKV oord voor Bergville waar ons een aand slaap.


No comments:

Post a Comment