Saturday 25 August 2012

Drakensberg



Ons het gaan kyk hoe lyk Cathedral Peak in die Drakensberge.
 


Daarna ry ons na Dundee waar ons kamp by Kwa-rie karavaanpark.


Jors maak 'n lekker potjie.


Die volgende oggend besoek ons die Slag van Bloedrivier.  64 lewensgrootte yster ossewaens in 'n laer getrek!


 Van Bloedrivier ry ons deur na Richardsbaai waar ons 'n nag slaap en daarna na St Lucia.

2 comments:

  1. http://www.bloedrivier.org/web/index.php?option=com_content&view=article&id=10&Itemid=10

    Die Mfecana tydperk, 'n tydperk van uitdelgingsoorloë, wat die oorsaak was dat duisende inheemse volke uitgewis of verdryf is, het begin toe Shaka koning van die Zoeloes geword het. Baie stamme het by Shaka aangesluit, terwyl diegene wat nie wou aansluit nie, uitgemoor is. So het die hele Natal, suid van die Tugela, ontvolk geraak.

    Drie van sy generaals het weggeloop, hul eie koers ingeslaan en meegedoen aan die uitdelging op dieselfde patroon:

    Soshangana het die Shangaan-nasie in Mosambiek laat ontstaan en in Transvaal ingetrek.
    Zwangendaba het tot in Malawi gevorder.
    Die ergste was Mzilikazi wat met sy Ndebele-nasie die grootste dele van die later Transvaal en Vrystaat domineer en laat ontvolk het.
    In dieselfde tyd het Moshweshwe aan vlugtende Sotho's asiel gebied by Thaba-Bosiu waar Lesotho vandag nog bestaan.

    Die Voortrekkers verdien die eer dat hulle die Mfecana beëindig het. Eers is Mzilikazi verslaan en verdryf tot in die huidige Zimbabwe en Dingane van die Zoeloes is na die Bloedrivier-veldslae verdryf na Swaziland waar hy vermoor is. Na 1838 kon duisende Tswanas uit die Kalahari terugtrek en hulle lewens vervat in die gebiede waaruit hulle verdryf was.

    Baie feesredenaars en skrywers vertel die verhaal van Bloedrivier alleen sonder om die gebeurtenisse wat aanleiding gegee het te noem. Selfs volwassenes vra die volgende vrae: "Waar was die vroue en kinders tydens die slag?" of "Hoeveel vrouens was in die laer?"

    Net so word die laaste poging van Dingane in die vlakte oorkant die Wit- Umfolozirivier verswyg. Dit kon maklik gebeur het dat die roemryke Bloedrivier-veldslag as 'n onbekende gebeurtenis in 'n donker Afrika-geheimsinnigheid verdwyn het, as die lokval geslaagd was en die Trekkers daar uitgewis is.

    Die Gelofte
    "Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee."

    ReplyDelete