Sunday 5 August 2012

Keimond


Hi!
Ons het nou vir drie aande gekamp in Morgan Bay by Yellowwood Camp.  Redelik goedkoop en ons kon inhaal met wasgoed! J Dit is die oorgaan tussen klimaatstreke.  Van hier raak dit blykbaar meer soos Natal weer, maar dis nog nie so bedompig nie.  Ons kan die verandering sien in die plantegroei – baie meer ruig, meer piesang- en koraalbome.  Hier is ‘n ryk voellewe met Trumpet Hornbills en Knysna Loeries.  Ook apies in die bome!
Morgan Bay en Kei Mouth is twee dorpies naby mekaar.  Ons vertrek more van hier na Kei Mouth en neem die pont oor die Keirivier na Mazeppa Bay.  Sal kyk hoe die verblyf daar lyk, anders gaan ons aan na Dweza natuurreservaat.    Die internet en selfoon ontvangs is maar nie te great nie, maar sal ons bes probeer om julle op hoogte te hou.  











1 comment: