Friday 9 November 2012

Beira- Caia

Ons het vandag deurgery na Beira, 2de grootste stad in Mosambiek.  Baie kleiner as Maputo en glad nie so chaoties nie.  Dis ook langs die kus en omtrent in die helfte van die land.  Hier is nie kampplek nie, so ons slaap vanaand in ‘n dubbelkamer met ‘n badkamer (stort en toilet).  Glad nie “grand” nie, maar al wat ons nodig het.  Hier is nie parkering agter die motel nie, so die motors staan voor in die straat, maar daar is darem twee veiligheidswagte. 
Ons is vanoggend weg uit Beira na Caia, ‘n dorpie in die binneland by die Zambezirivier.  Ons het oor ‘n baie lang brug gery oor die Zambezi en kamp vanaand in Cua Cua Lodge (uitgespreek Kua Kua).  Dit is vrek warm.  Ons het so 14h00 hier aangekom en het dadelik langmou hemde en broeke aangetrek want die son en die vliee was erg!  Dan gaan staan ons onder die stort met ons klere en as die windjie waai kry ons lekker koel.  Nou is dit 18h00 en hier is die mooiste sonsondergang.  Die vliee is weg, maar ons spuit nou teen die muskiete.  This is Africa! 

Het van gister probeer om foto’s van die locals te neem in die ry.  Die vrouens dra groot stapels op hulle koppe.  Het selfs een gesien wat ‘n TV op haar kop gedra het – met ‘n kind op die rug.  En ‘n pa wat met sy drie kinders op ‘n motorfiets ry!  Vandag ‘n man en vrou op ‘n fiets met ‘n baba op die vrou se rug.  

Die groen trok is in die aankomende baan en die blou trok ry op die skouer.  Agv die potholes ry 'n mens waar dit maklikste is.


Hierdie probeer seuns hul cashew neute verkoop aan die passasiers.






No comments:

Post a Comment