Friday 9 November 2012

Nampula-Ilha de Mocambique

Ons het vandag ver gery – 630km.  Gelukkig was meeste van die pad heel goed.  Ons het 7h30 begin ry en was 16h30 hier met ‘n stop van so 15 minute.  Ons slaap vanaand in Nampula, die derde grootste dorp in Mosambiek.  Dis in die binneland, nie ver van die kus nie.  Ons plan om more na Mosambiek Eiland (Ilha de Mocambique) te ry – 200km.  Dit is ‘n eiland, maar naby die land en verbind met ‘n brug (net een baan).  Ons sal dan aanry na Nacala (so 120km verder) ook teen die kus.  Ons sal maar sien hoe lank die eiland ons besig hou.  Sien baie uit daarna.  Dit klink asof daar mooi ou geboue is.  Die eiland is nie groot nie – so 3km by 500m as ek reg onthou.

Vanaand slaap ons 15km buite Nampula op ‘n Portugees se plaas.  Hy boer met mangoes, lietjies, bees, hoender, vark en lam.  Hy het ‘n deel van die plaas (wat op ‘n dam sit} in ‘n kampplek omskep.  Dit is soos ‘n oase!  Hier is baie bome en hy het regtig moeite gedoen.  Hier waai ‘n heerlike windjie.


Die eiland was interessant.  Die Portugese het in 1960 weggetrek van die eiland, so die geboue is maar vervalle en daar gaan nie veel aan nie – meestal klein vissersbote.  Dit is half hartseer.  Die eiland is nou tot werelderfenis gebied verklaar en daar is ‘n argitek van Europa aangestel om die ou geboue oor te doen.  Daar was ‘n paar gastehuise waar toeriste kan oorbly en ons het darem ander toeriste gesien.  Ons het so ‘n uur en ‘n half op die eiland spandeer en besluit om aan te ry na Nacala.  Hier is ‘n kampeerplek by die see.  Ons het gistermiddag so voor 16h00 hier aangekom.

Kampplek voor Nampula (Portugees se plaas):




Ilha de Mocambique:














No comments:

Post a Comment