Thursday 1 November 2012

Mosambiek

Ons is maklik deur die Giriyondo grenspos en het vandaar gery tot Bilene, ‘n dorpie op ‘n lagoon in die suide, so 200km bo Maputo. Die pad was meestal mooi, maar op ‘n stadium was daar groot potholes en het ons oral oor die pad gery om dit te mis. 

Ons het reeds twee aande hier geslaap.  Die lagoon is net agter die duin waar ons kamp.  Die geriewe is goed.  Ons het warm water vir stort en hier is ‘n markie naby die karavaanpark waar ons heerlike vars brood koop elke dag.  Ons kon ook selfoonkaarte vir Mosambiek koop.  Vandag het ons ‘n Vodacom kaart gekoop en dinge lyk beter – ook vir die internet.
Die grootste verandering van SA is dat die land se taal Portugees is.  Daar is nie Engels nie!  Alles is in Portugees geskryf.  By  die vakansieplekke is daar darem mense wat Engels praat.  Sover kom ons goed reg.  Die weer is bedompig – meestal bewolk en warm met ‘n paar druppels reen so af en toe.

Jors het gister die bakkie se diff-olie gecheck nadat dit in Heidelberg volgemaak.  Dit het weer ‘n hele bottel olie geneem en ons het besluit om more Maputo toe te gaan.  Gelukkig bly Llewellyn (wat ons getrou het) daar en ons het reeds met hom in kontak gehom.  Hy het vir ons iemand gereel om more na die bakkie te kyk.  Liewer dit nou uitsort terwyl ons nog in die beskawing is!  Llewellyn het ook aangebied dat ons die tent in hul agterplaas kan opslaan sou dit nodig wees om ‘n paar dae oor te bly.




Ons het Maandag van die rustige Bilene gery na Maputo, so 180km suid.  Dit het drie ure geneem.  Die spoedbeperking is by baie plekke 60km en daar is baie polisie stoppe, so ons hou maar by die spoedgrens.  Maputo was ‘n culture shock – ons het nog nooit so baie minibus taxi’s gesien nie – of so baie mense wat wag vir die taxi’s nie. 
 
Ons het die aand by Llewellyn en Lize oorgebly in hul gaste flat in Matola, ‘n voorstad van Maputo.  Die bakkie is dieselfde dag uitgesorteer.  Die diff lek nerens olie nie, maar die mechanic het vir ons twee nuwe universal joints ingesit.  Hy se met die paaie in Mosambiek gaan ons dit nodig kry.  Dis was erg bedompig in Matola en die muskiete was lastig in die aand.  Ons het Tabbard gespuit en langbroeke, langmouhemde en sokkies gedra (en onthou om ons malaria pille te neem).

Ons moes Maandag redelik lank wag vir die bakkie en het daarna sommer pizzas bestel.  Hoe lekker om kaas te eet!  Kaas en melk is nie oral beskikbaar in Mosambiek nie.   Ons gebruik maar poeiermelk.  Verder moet ons nog gewoond raak aan die Portugees.  Dis ‘n mooi taal – klink amper soos Frans, maar kan nie uitmaak wat gepraat word nie.  Ons kan darem groet en asb en dankie se.

Dinsdagoggend is ons na Xai-Xai (uitgespreek Shy-Shy), noord van Bilene.  Ons besluit om nie daar oor te slaap nie, want die kampeerplek is redelik verlate.  Ons ry na Nascer do Sol, 50 km verder.  Dis ‘n vakansieoord wat deur Afrikaners bestuur word (naam gekry by Arie, dominee in Heidelberg).  Ons bly daar vir twee aande.  Die eerste aand was daar ‘n donderstorm en daarna het die wind nie ophou waai nie, maar ons het steeds lekker gebly.   Met die sterk wind kon ons nie langs die strand gaan stap nie – die wind waai die sand tot teen ons arms.



Vanoggend het ons deurgery na Inhambane en kampeer by Areia Branca op die Barra skiereiland.  Oppad hierheen het ons meer palmbome begin sien, en hierdie kampplek lyk soos ‘n eiland.  Hier is tot ‘n palmboom wat ons vanmiddag probeer klim het.  Die wind waai nogsteeds erg en hier het al sewe coconuts van die bome afgeval.   Die man wat die donkie vir ons storte vanmiddag kom maak het, het die coconuts opgetel en vir Jors gewys hoe om dit oop te breek.  Wat ‘n treat!  

Ons plan om more verder te ry na Vilankulo.  Ons het nog nie veel foto’s geneem met die weer wat nie goed is nie, maar sal die blog update so gou ons kan.

Sover kuier ons heerlik en geniet alles!  




Spot the diffrence!
 

1 comment:

  1. Wow, daai strande lyk beautifull, ek sou graag in daai see wil swem.

    ReplyDelete