Wednesday 21 November 2012

Libelula (Nacala) Deel 2

Sondag 2012/11/11
Die plek IS idillies!  Ons het gister heerlik gesnorkel en so bietjie erg ge”tan”.  Gelukkig bly ‘n mens koel in die see!  Maar paradys is nie perfek nie:  Gisteraand was daar ‘n “bush snake” in die badkamer se grasdak – so 1 meter lank.  Volgens die mense is dit ‘n skadelose slang, maar ek gril mos vir die goed.  Het dit gelukkig nie self gesien nie.  Die slang het later verdwyn, maar Jors was so gaaf om saam met my in die vroue kant te stort.  Ons het maar vinnig gestort, vir in geval die slang nog daar rondhang!

Vandag gaan ons stadig begin oppak en vanaand in die daktent slaap.  More gaan ons na die volgende stranddorp, Pemba, so 430km van hier so wil maar vroeg wegkom.














No comments:

Post a Comment